April 18, 2021

Takealot waarsku teen skakel wat op WhatsApp rondgestuur word

Hulle raai dus mense aan om nie die skakel te volg nie.

Takealot waarsku teen boodskap wat op WhatsApp rondgestuur word

Takealot waarsku teen boodskap wat op WhatsApp rondgestuur word Foto: Facebook

SUID-AFRIKA. – Takealot waarsku teen die boodskap met ‘n skakel wat die rondte op WhatsApp doen. Daarin word gebruikers genooi om die skakel te volg vir ‘n kliënteopname en prysuitdeling. Takealot sê dit is ‘n scam.

Takealot waarsku mense teen die skakel

Takealot sê verder hulle is bewus van die boodskap en hulle kan bevestig die boodskap word nie deur hulle versprei nie. Hulle raai dus mense aan om nie die skakel te volg nie.

Maak seker by Takealot voor jy aan kompetisies deelneem

“Indien jy ‘n verdagte boodskap ontvang wat beweer dis van Takealot, is julle meer as welkom om ons eers te kontak om die egtheid te verifieer,” sê Takealot.

LEES OOK: Ma op Tiktok leer dogters – ‘Virginity doesn’t exist’

LEES OOK: KYK: Video wys man by Witrivier-polisiekantoor geslaan en rondgesleep

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: