April 20, 2021

Brokkoli-en-spekslaai – resep

Klits mayonnaise, suiker, rooiwynasyn en selderysaad in ‘n klein bakkie saam.

Brokkoli-en-spekslaai – resep

Brokkoli-en-spekslaai – resep

’n Slaai vol brokkoli, spek, druiwe en amandels, met ’n  romerige sous. Elke happie is heerlik!

LEES OOK: Wenke wat jou lewe kan red

Bestanddele:

  • 1 koppie ligte mayonnaise
  • 1/3  koppie suiker
  • 2 eetlepels rooiwynasyn
  • 1 teelepel selderysaad
  • 2 koppe brokkoli, in klein blommetjies gebreek
  • 500g spek, gaar en in klein stukkies gesny
  • ½  koppie amandels, opgekap
  • 2 uie, dun gesny
  • 1 koppie seldery, gekap
  • 1 ½ koppies rooi pitlose druiwe, gehalveer

Metode:

  • Klits mayonnaise, suiker, rooiwynasyn en selderysaad in ‘n klein bakkie saam. Plaas minstens 30 minute in die yskas.
  • Kombineer broccoli, spek, geroosterde amandels, groen uie, seldery en druiwe in ’n groot bak.
  • Voeg die sous by die res van die slaaibestanddele en roer deur.

LEES OOK: Dokters vergeet glo om vrou tydens keiser te steriliseer

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: