April 18, 2021

Man (37) se meisie (15) se liggaam glo onder sy bed begrawe

’n Nadoodse ondersoek sal volg om te bepaal hoe die slagoffer dood is.

Man (37) se meisie (15) se liggaam glo onder sy bed begrawe

Man (37) se meisie (15) se liggaam glo onder sy bed begrawe Foto: coursehero.com

OOS-KAAP. – ‘n Man (37) se 15-jarige meisie se liggaam is na bewering onder sy bed begrawe gevind.

Die man is ure na die opgrawe van haar liggaam in hegtenis geneem. Daar word beweer die verdagte het haar vermoor en toe begrawe.

Man se meisie is geïdentifiseer

Die slagoffer is as Yonela Nonkeneza geïdentifiseer. Haar kêrel het ‘n huis in die Qawukeni-omgewing naby King William’s Town gehad.

“Die saak word ondersoek. Daar word egter beweer die 15-jarige is laas op 28 Maart 2021 gesien,” sê Sibongile Soci, polisiewoordvoerder.

’n Nadoodse ondersoek sal volg om te bepaal hoe die slagoffer dood is.

LEES OOK: Kaal vrou verskyn in agtergrond tydens aanlyn komiteevergadering

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: