Plaasaanval op bejaarde – een doodgeskiet, een vlug te voet

Deel hierdie storie / Share this story

KWAZULU-NATAL. – Vermeende rowers het ‘n bejaarde boer (78) oorrompel in ‘n vermeende plaasaanval in die Bishopstowe-omgewing. In die proses is een doodgeskiet en die ander een het gevlug.

“Die man was gisteroggend besig om aan sy voertuig te werk toe twee mans hom glo oorrompel het. Hulle was met ‘n mes gewapen,” sê kol. Thembeka Mbele, polisiewoordvoerder.

Doodsondersoek na plaasaanval op bejaarde

Daar word beweer ‘n bakleiery het uitgebreek waartydens die boer glo ‘n skoot afgevuur het wat die een aanvaller getref het. Die ander een het weggehardloop.

Mbele sê verder die polisie is besig met ‘n doodsondersoek.

LEES OOK: Emile se ma stuur hartseer stemboodskap in die hoop dat dit hom sal bereik

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.