Riverton-wateraanleg in die herstelproses

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – Die wateraanleg by Riverton is tans in die herstelproses. Twee besinkingsdamme, nr. 5 en nr. 6 is reeds gedreineer en skoongemaak. Nr. 6 is tans weer aan die loop terwyl nr. 5 se motor herstel moet word.

LEES OOK: Een dood, nog een beseer in motorfietsongeluk

Herstelwerk vind oor naweke plaas, maar sal nie oor die Paasnaweek voortgaan nie, omdat daar probeer word om die watervlakke op te stoot.

Besinkingsdam nr. 1 en nr. 2 sal oor die naweek van 9 April skoongemaak en herstel word. Besinkingsdam nr. 3 en nr. 4 sal oor die naweek van 16 April skoongemaak en herstel word.

LEES OOK: Seun vermis na brander hom omslaan