Dit is Paasnaweek en wat eet mens nou anders as vis? Hier is n heerlike resep vir dié wat graag ingelegde kerrievis die Paasnaweek wil maak.
LEES OOK: Riverton-wateraanleg in die herstelproses
Bestanddele:
- 1 kg snoek gewas, gefileer en in porsies gesny
- sout en varsgemaalde witpeper
- gerasperde skil en sap van twee suurlemoene
- skaapstertvet, botter of olie
Vir die piekel:
- 2 groot uie, oorlangs gehalveer en in skywe gesny
- 100 g sagte bruinsuiker
- 4 eetlepel fyn appelkooskonfyt
- 2 eetlepel garam masala
- 2 teelepel borrie
- 2 knippies rooipeper
- 750 ml bruinasyn
- 6 vars suurlemoenblare
- 1 stuk vars gemmerwortel, geskil en fyngekap
- 4 teelepels geskroeide koljandersaad
- 100 to t 125 ml water
Metode:
- Geur vis met sout en peper en vryf in met suurlemoen en skil. Verhit vet in pan en braai ’n paar stukkies op ’n slag aan weerskante tot net gaar.
- Skep al die sousbestanddele in ’n kastrol, verhit tot kookpunt, verlaag hitte en prut vir 20-25 minute. Skep ’n bietjie sous in ’n gesteriliseerde houer en skep ’n laag vis daarin.
- Bedek vis met ’n laag warm sous. Herhaal met die res van vis en sous, laat afkoel en verseël. Bêre in die yskas vir 2 tot 3 dae voordat dit geëet word.
Wenke:
- Die gegeurde vis kan in ’n gesmeerde oondskottel geskep word. Sprinkel ’n bietjie water oor en bak vir 10 tot 15 minute in ’n voorverhitte oond by 180 °C.
- Die vis kan ook in die sous gaargemaak word. Skep net die warm sous oor die gegeurde vis en bak vir 20 minute.
LEES OOK: ‘Sol Plaatje behoort hulle te skaam’



