April 18, 2021

Kaal vrou verskyn in agtergrond tydens aanlyn komiteevergadering

Sy verwys dan na die kaal vrou wat hulle in die vergadering aanskou het as ‘n “unholy picture”.

Kaal vrou verskyn op aanlyn parlementêre komiteevergadering

Kaal vrou verskyn op aanlyn parlementêre komiteevergadering Foto: Skermgreep uit video

SUID-AFRIKA. – ’n Video van ‘n kaal vrou wat in die agtergrond van ‘n tradisionele leier se skerm tydens ‘n komiteevergadering verskyn, het Suid-Afrikaners laat skaterlag.

”Nkosi, die persoon agter jou is nie behoorlik aangetrek nie. Ons kan alles sien. Asseblief, Nkosi. Het jy die mense gesê jy is in ‘n vergadering? Dit wat ons nou sien, ontstel my baie,” sê Faith Muthambi, voorsitter van die portefeuljekomitee oor samewerkende regering en tradisionele sake.

Man vra om verskoning na kaal vrou verskyn

Muthambi sê dan verder dit is nie die eerste keer wat so iets gebeur wanneer daar met Nkosi aanlyn vergaderings gehou word nie. Sy verwys dan na die kaal vrou wat hulle in die vergadering aanskou het as ‘n “unholy picture”.

Nkosi vra dan om verskoning vir wat gebeur het.

Muthambi het later in ‘n verklaring gesê die kaal vrou was nie deel van die vergadering nie. Sy het slegs ingeloop terwyl een van die lede wat deel was van die aanlyn vergadering ‘n voorlegging gedoen het. Lede is glo al vantevore gewaarsku dat die agtergrond in aanlyn vergaderings aanvaarbaar moet wees.

LEES OOK: Plaasaanval op bejaarde – een doodgeskiet, een vlug te voet

VolgFiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: