Man dood toe motor teen paal langs N1 bots

Deel hierdie storie / Share this story

JOHANNESBURG. – ‘n Man in sy dertigerjare is dood toe sy ligte voertuig voor die Maraisburg-afrit in Maraisburg teen ‘n paal langs die N1 vasgery het.

ER24 se paramedici het om 04:37 op die toneel opgedaag en die voertuig langs die pad gekry. Die bestuurder is buite langs die motor gevind.

Man dood na rukkie se behandeling

Medici het die man ondersoek en bevind dat hy talle beserings opgedoen het en in ‘n kritieke toestand was. Die man is lewensondersteunende behandeling gegee. Hy het na ‘n rukkkie aan sy beserings beswyk en is dood verklaar.

Die polisie was ook op die toneel om die voorval verder te ondersoek.

LEES OOK: Plaasaanval op bejaarde – een doodgeskiet, een vlug te voet

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.