April 19, 2021

Vrou in hegtenis, R700 000 se dwelms glo deur polisie gevind

Die lede het haar voorgekeer en haar toestemming gevra om haar bagasie te deursoek.

Vrou in hegtenis, R700 000 se dwelms deur polisie gevind

Vrou in hegtenis, R700 000 se dwelms deur polisie gevind Foto: Timeslive.co.za

OOS-KAAP – ‘n Vrou (45) is in Oos-Londen in hegtenis geneem na die polisie haar bagasie deursoek het.

Die lede van die misdaadvoorkomingsafdeling het die vrou in Cambridgestraat gesien. Hulle het agtergekom sy begin agterdogtig optree toe sy die polisie sien. Die lede het haar voorgekeer en haar toestemming gevra om haar bagasie te deursoek.

Vrou in hegtenis verskyn dan in hof

Toe hulle haar bagasie deursoek, het hulle glo kussingslope gevul met 5 858 Mandrax-tablette met ‘n geskatte straatwaarde van R700 000 gevind.

Sy word aangekla vir die handel in Mandrax en sal op 6 April 2021 in die landdroshof in Oos-Londen verskyn.

Lees ook: Emiel is gevind – ‘Hy lewe en is veilig’

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: