April 18, 2021

Koopmansfontein-ongeluk: Gedenkdiens vir Sarah Jane

Die boesemvriende was op pad om beeste te gaan voer toe hulle bakkie met ‘n aankomende trein gebots het.

Koopmansfontein-ongeluk: Gedenkdiens vir Sarah Jane (Foto's: Facebook)

Koopmansfontein-ongeluk: Gedenkdiens vir Sarah Jane (Foto's: Facebook)

NOORD-KAAP. – ‘n Gedenkdiens word op Saterdag 3 April vir Sarah Jane Nieuwoudt, wat Maandag in ‘n tragiese treinongeluk oorlede is, gehou.

Die 24-jarige Nieuwoudt was saam met twee vriende, Jesse Isemonger (21) en Tersia van der Merwe (22) toe die ongeluk plaasgevind het.

Lees ook: Vrou gee voor sy’s dood en oorleef só hoewe-aanval

Die boesemvriende was op pad om beeste te gaan voer toe hulle bakkie teen ‘n aankomende trein gebots het. ‘n Plaaswerker wat agter op die bakkie was, kon betyds afspring en is ongedeerd.

Kol. Mashay Gamieldien, polisiewoordvoerder in die Noord-Kaap, het bevestig die ongeluk het op die Koopmansfontein-en-Silverstreams-treinkruising plaasgevind.

Tom Watson, gevorderde lewenssorgparamedikus vir ROCKET-lugambulans, het gesê hy het in sy 35 jaar in dié beroep nog nie ‘n ongeluk soos die een gesien nie.

Lees ook: Koopmansfontein-ongeluk: Vriende stop glo vir skilpad voor trein hulle raakry

“Dit was ‘n tragiese ongeluk wat nooit moes gebeur het nie.”

Nieuwoudt se gedenkdiens vind plaas om 12:00 in die NG Kerk in Van Zylsrus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: