KIMBERLEY. – ‘n Galeshewe-man, Norman Benedict Moreki (29), wat in twee afsonderlike gevalle twee 18-jarige meisies verkrag het, is gister tot lewenslange tronkstraf gevonnis.
Kapt. Sergio Kock, polisiewoordvoerder, sê Moreki het op 13 Junie 2016 om 01:00 ‘n 18-jarige vrou naby Buitemanstraat in Galeshewe nadergeroep. Hy het sy gesig tydens die voorval bedek. Toe sy naby hom is, het hy haar gedreig en in haar regterhand gesteek. Daarna het hy haar in ‘n nabygeleë veld verkrag en haar selfoon gesteel.
Galeshewe-man gevonnis
Op 14 Januarie 2018 om 06:00 het Moreki nog ‘n 18-jarige vrou in ‘n veld naby Club 2000 in Galeshewe verkrag. Die polisie het inligting opgevolg en Moreki is met DNS-toetse aan die voorval verbind.
Moreki was vanaf 26 September 2018 in aanhouding. Die beskuldigde is ook skuldig bevind aan diefstal.
LEES OOK: KYK: Vermeende smokkelaars gooi twee kinders oor grensmuur
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



