TAIWAN. – ‘n Trein met 360 toeriste en pendelaars wat vanaf Taipei na Taitung gereis het, het in ‘n tonnel ontspoor nadat dit ‘n vragmotor getref het.
Tydens die ongeluk is 48 mense dood en ongeveer 72 mense beseer. Foto’s van die ongeluk is oral op Facebook se groepe gedeel. Dié foto’s wys waens binne-in die tonnel wat afgeskeur het van die impak. Ander is verfrommel en redders kon nie die passasiers bereik nie. Ander foto’s wys beseerde mense, groepe mense wat bymekaarkom en ander wat bagasie dra en Probeer sin maak van wat gebeur het.
Central News Agency sê ‘n vragmotor wat nie behoorlik geparkeer was nie het vermoedelik in die pad van die trein beland. ‘n Foto van wat blykbaar die vragmotor is, wys net ‘n wrak wat langs die ontspoorde trein lê.

LEES OOK: Man (37) se meisie (15) se liggaam glo onder sy bed begrawe
LEES OOK: Kaal vrou verskyn in agtergrond tydens aanlyn komiteevergadering
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



