April 19, 2021

Persoon verloor R70 000 toe ‘bank’ haar bel

Die polisie waarsky dus mens om nooit te reageer op sulke oproepe nie.

Persoon verloor R70 000 toe ‘bank’ haar bel

Persoon verloor R70 000 toe ‘bank’ haar bel Foto: SAPS

PORT ALFRED. – Die polisie waarsku teen bedrog wat al hoe meer word nadat ‘n persoon vanoggend R70 000 verloor het. ‘n Individu het die slagoffer gebel en homself voorgedoen as iemand wat by Banks Fraud Division werk.

Die persoon op die telefoon het beweer ‘n transaksie het op die slagoffer se rekeninge plaasgevind. Die verdagte het alle persoonlike besonderhede en die profiel van die slagoffer, insluitend besonderhede van bankrekeninge en begunstigdes van gekoppelde rekeninge gehad.

Vrou verloor R70 000 na sy wagwoord bekendmaak

Die verdagte verklaar toe verder hulle moet navraag doen, aangesien die transaksie op die slagoffer se rekening agterdogtig lyk. Sodra die slagoffer dan by die bank-app ingeteken het, sê die verdagte dat die slagoffer die wagwoord moet verstrek wat per SMS na ‘n selfoon gestuur is sodat die transaksie omgekeer kan word. Sodra die wagwoord aan die verdagte gegee word, begin die verdagte aan die rekening verander. Die geld wat getrek kan word, word verhoog, begunstigdes word bygevoeg en betalings word gemaak.

Ignoreer sulke oproepe

Die polisie waarsku dus die publiek om nooit te reageer op sulke oproepe nie. Indien jy agterdogtig raak, beëindig die oproep onmiddellik. Moet onder geen omstandighede jou wagwoord aan iemand gee nie. Nie eers die bank sal jou wagwoord vir jou vra nie.

As jy in ‘n bedrogspul soos hierdie vasgevang word, kan die bank jou nie help nie, aangesien jy jou eenmalige wagwoord aan die verdagte bekendgemaak het.

LEES OOK: Tronkstraf vir administrateur (25) vir R6,6 miljoen se bedrog

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: