April 20, 2021

Huil is net so goed soos ’n terapiesessie

Daar is baie redes waarom mense huil. Hartseer. Woede. Frustrasie. Liefde. Vreugde. Geluk. Die lys gaan aan. Het jy geweet huil kan net so goed soos ’n terapiesessie vir jou wees? Sonder die rekening.

Sommige ma’s het selfs erken dat hulle in die geheim van hul gesinne wegsluip om alleen in hul badkamers of in hul motors te gaan huil. Hoekom? Omdat huil ’n hanteringsmeganisme is wanneer die druk om die perfekte vrou en ma te wees, te veel word. As jou kind drie ure aaneen skree en jy moet kalm bly. Na ’n huilsessie het moeders berig dat hulle beter voel en in staat is om probleme beter te hanteer.

Kalmerende effek

Huil is ’n natuurlike menslike reaksie en albei geslagte huil meer gereeld as wat hulle bereid is om te erken. Mense kan probeer om trane te onderdruk as hulle dit as ’n teken van swakheid beskou, maar die wetenskap dui daarop dat dit sou beteken jy sal ’n  aantal voordele misloop. Navorsers het bevind huil het ‘n strelende effek. Nie net kalmeer dit jou nie, dit help jou ook om jou eie emosie te reguleer.

Help om pyn te verlig

Huil stel oksitosien en endorfiene vry. Hierdie chemikalieë laat mense goed voel en kan ook fisieke sowel as emosionele pyn vergemaklik. Op hierdie manier kan huil help om pyn te verminder en ’n gevoel van welstand bevorder.

Huil kan help om mense se gees te verhoog en hulle beter te laat voel. Sowel as om pyn te verlig, kan oksitosien en endorfiene help om jou bui te verbeter. Dit is hoekom dit dikwels bekend staan ​​as die ‘goed voel’ chemikalieë.

Aanvaar jou emosies en menslikheid

Alhoewel alle soogdiere se oë deur trane bevog en versag word, is dit net mense wat huil in reaksie op emosionele spanning. Huil help ons om die gevoelens wat ons ervaar te erken, en emosies motiveer ons om empatie te hê, te koördineer en saam te werk om te oorleef. In werklikheid dien huil ’n belangrike sosiale funksie.

Dit kommunikeer die krag en aard van verhoudings, wek medelye en selfs hulp aan en bring individue nader aan mekaar.

Navorsers het bewys wat baie versorgers al self uitgepluis het: soms is daar niks soos ’n goeie huilsessie om jou beter te laat voel nie. Alhoewel die samelewing huil dikwels as ’n teken van swakheid beskou, is dit hoogs ontwikkelde gedrag.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: