April 20, 2021

Vrou skenk geboorte in Eurasia-tonnel

“Ek was swanger toe ek die Eurasia-tonnel binnegegaan het. Toe ons uitry, was ons seun op my skoot, hy is gebore.”

Vrou skenk geboorte in Eurasia-tonnel (Foto: Daily Sabah)

Vrou skenk geboorte in Eurasia-tonnel (Foto: Daily Sabah)

ISTANBUL. – ‘n Vrou wat die Eurasia-tonnel in Istanbul swanger binnegegaan het, het in dié 5,4km lange tonnel geboorte gegee en met haar babaseuntjie aan die ander kant uitgekom.

Dié voorval het in Maart vanjaar gebeur. Seda Giray (37) se kraampyne het vroegoggend begin en haar man, Deniz Giray (38) het gejaag om haar by die hospitaal te kry. Die paartjie is van hulle huis af deur ‘n polisievoertuig deur die strate begelei sodat motoriste kon padgee.

Lees ook: Kby-hospitaal: Dokter ‘wurg’ pasiënt se seun

Op pad na die hospitaal moes hulle deur die Eurasia-tonnel ry en dis toe dat Seda se kraampyne al erger geword het en sy besef het sy sal self vroedvrou moet speel. Haar babaseuntjie, Devin Ege, is in die tonnel gebore.

“Toe ek besef ek is op die punt om geboorte te gee, het ek myself op die passasiersitplek geposisioneer,” vertel Seda. “Ek het by myself gedink, vrouens het in die verlede so geboorte gegee. Natuurlik het ek allerhande pyne gehad en ek het dalk ‘n bietjie hard geskree, maar ek moes doen wat ek moes doen. Ek het geweet dit sou gevaarlik wees om te probeer om hom binne te hou. Gelukkig was hy ‘n baie kalm baba.”

Vrou skenk geboorte in Eurasia-tonnel (Foto: Daily Sabah)
Vrou skenk geboorte in Eurasia-tonnel (Foto: Daily Sabah)

“Ek was swanger toe ek die Eurasia-tonnel binnegegaan het. Toe ons uitry, was ons seun op my skoot, hy is gebore.”

Lees ook: Simoné le Roux: ‘Ons soek steeds na haar’

By die hospitaal gekom, het ‘n suster die baba se naelstring in die voertuig geknip. Beide Seda en hulle babaseuntjie was gesond en is die volgende oggend uit die hospitaal ontslaan. – Daily Sabah

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: