Drie dood op N1 toe twee voertuie reg van voor bots

Deel hierdie storie / Share this story

GAUTENG. – Drie mense is dood en twee ander lig beseer toe twee voertuie op die N1 naby die Vanderbijl-afrit, reg van voor gebots het.

LEES OOK: Motorbestuurder doodgeskiet na verdagtes glo spykers in pad sit

Drie dood in botsing tussen bakkie en Fortuner

ER24 berig ‘n insittende, van die bakkie, ‘n man, is op die toneel dood verklaar. Hy was met die paramedici se aankoms in die bakkie vasgekeer. ‘n Man en ‘n vrou, insittendes van die Toyota Fortuner, is ook op die toneel dood verklaar. Nog twee persone van die Toyota Fortuner het ligte beserings opgedoen.

Nooddienste was op vanaf 20:15 die toneel om die oorsaak van die ongeluk vas te stel.

LEES OOK: Man aangekla van moord, sny keel in hof

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.