April 18, 2021

Vrou in aanhouding na drie maande oue baba verdwyn

Vrou in aanhouding na drie maande oue baba verdwyn

Vrou in aanhouding na drie maande oue baba verdwyn

WES-KAAP – ‘n Vrou (20) van Plettenbergbaai is tans in aanhouding nadat die polisie haar vanmiddag in hegtenis geneem het toe hulle op soek was na ‘n drie maande oue baba.

“Daar word beweer die vrou, ‘n vriendin van die ma van die kind, het die ma op Saterdagmiddag, 3 April besoek. Sy het toe na bewering die drie maande oue baba onder valse voorwendsels geneem en verdwyn,” sê sers. Chris Spies, polisiewoordvoerder.

Vrou in aanhouding sal in hof verskyn

‘n Soektog is dadelik daarna begin. Die ondersoek het die polisie na Plettenbergbaai geneem waar die vrou en die baba vroeër vandag in ‘n kerk gevind is. Ondersoekbeamptes verbonde aan die eenheid vir familiegeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe en speurders van George en Knysna het die vrou in hegtenis geneem op aanklag van ontvoering.

Die verdagte bly in aanhouding en sal na verwagting in die landdroshof op Knysna verskyn.

LEES OOK: KYK: Pastoor tydens regstreekse kerkuitsending ‘ontvoer’

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: