Duisende dooie visse by V&A Waterfront-hawe

Deel hierdie storie / Share this story

KAAPSTAD. – Dit het die Marine Wildlife Management-span by die V&A Waterfront dae geneem om die groot aantal dooie visse uit die hawe te verwyder.

Donald Kau, kommunikasiebestuurder by die V&A Waterfront, sê die hawe is elke jaar vol mullets (‘n tipe vis), maar vanjaar se getalle is baie hoog, berig News24.

Lees ook: Vrou vermoor glo kêrel, kap hom op, bêre hom in vrieskas

Die groot aantal visse wat in die hawe was, het veroorsaak dat daar te min suurstof in die water vir al die visse was, gevolglik is hulle dood.

Hy het verder gesê die dooie visse is geen rede tot kommer nie, want dis ‘n “natuurlike verskynsel”.

Lees ook: Hartseer verhaal van 16-jarige Simoné se selfdood