Vrou vermoor glo kêrel, kap hom op, bêre hom in vrieskas

Sy het na bewering agt dae na die moord sy liggaam in stukke opgekap, dit in plastieksakke toegedraai en in die vrieskas-deel van haar yskas gebêre.

Vrou vermoor kêrel, kap hom op, bêre hom in vrieskas (Foto: Unsplash)

Vrou vermoor kêrel, kap hom op, bêre hom in vrieskas (Foto: Unsplash)

RUSLAND. – ‘n Vrou (39) is in hegtenis geneem na sy glo haar 27-jarige kêrel in hulle woonstel vermoor het en sy liggaamsdele opgekap en in ‘n vrieskas gebêre het.

Volgens ondersoekbeamptes het die paartjie op 7 Maart by hulle woonstel in Krasnoyarsk in Rusland gedrink. Hulle het toe met mekaar begin baklei, waarna die vrou hom in sy bors met ‘n mes gesteek het. Hy is onmiddellik dood.

Lees ook: Hartseer verhaal van 16-jarige Simoné se selfdood

Sy het na bewering agt dae na die moord sy liggaam in stukke opgekap, dit in plastieksakke toegedraai en in die vrieskas-deel van haar yskas gebêre.

Die vrou het later van ‘n trekmaatskappy gebruik gemaak om die yskas vir haar te vervoer. Tydens die trek het die werkers opgelet dat bloed by die vrieskas-deel uitloop. Hulle het haar gevra oor wat binne-in was en sy het aan hulle erken wat sy gedoen het. Hulle het die polisie in kennis gestel.

Lees ook: Russiese ‘Raponsie’ spog met 1,72m lang hare

Volgens Rinat Meshcherov, prokureur by Moscow Bar Association, sal die vrou moontlik tot tien jaar tronkstraf gevonnis word.

Die vrou bly in aanhouding vir die duur van die ondersoek.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *