April 20, 2021

Vier maande oue baba dood nadat hond glo op haar lê

Nooddienste is na die toneel gehaas, maar die baba is by die Dayton-kinderhospitaal dood verklaar.

Vier maande oue baba dood nadat hond glo op haar lê

Vier maande oue baba dood nadat hond glo op haar lê Foto: freepik

OHIO. – ’n Vier maande oue baba is oorlede nadat haar pa glo in die nag wakker geword het en ’n vreemde hond op sy baba gekry lê het. Die babadogtertjie was bewusteloos en het nie asemgehaal nie.

LEES OOK: Minderjarige ’n verdagte in Kimberley-man se moord

Nooddienste het hulle na die toneel gehaas, maar die baba is by die Dayton-kinderhospitaal dood verklaar.

Hond kom uit erf

Volgens Daily News is die tipe hond wat glo by die voorval betrokke was, nie geïdentifiseer nie, maar die buurvrou van die pa het die hond as groot beskryf en ook gesê hy het al menige kere vantevore uit sy erf gekom.

Die oorsaak van sterfte en manier waarop die naba dood is, is nog nie vasgestel nie en die ondersoek duur voort.

LEES OOK: Tiener in Noord-Wes vermis

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: