April 21, 2021

Ibogaine – dalk ‘n lewensredder vir ‘n dwelmverslaafde?

Ibogain groei in die westelike dele van Afrika en kan dalk net die hulp wees wat dwelm verslaafdes benodig.

Ibogain groei in die westelike dele van Afrika en kan dalk net die hulp wees wat dwelm verslaafdes benodig. (Foto: Scottsdale Recovery Center)

Ibogaine is ‘n psigedeliese middel wat voorkom in die westelike dele van Afrika. Sommige mense beweer dat dit as ‘n behandeling vir opiaatverslawing gebruik kan word. Dit het glo al mense gehelp om in ‘n japtrap ontslae te raak van hul verslawing. Dit is egter nie deur die Food and Health Administration (FDA) goedgekeur nie.

Volgens Healthline dien ‘n klein dosis van Ibogaine as ‘n stimulant en ‘n groot dosis kan ‘n persoon in ‘n psigedeliese toestand plaas. Dit voorkom ook onttrekkingsimptome en neem drange na die dwelms weg. Die veiligheid van hierdie behandeling word nog bevraagteken, aangesien daar newe-effekte en onverklaarbare sterftes is wat moontlik met die behandeling verband hou.

Resultate van studie

30 dwelmverslaafdes is in Mexico Ibogaine gegee. Hulle is maandeliks vir ‘n jaar gemonitor.

‘n Derde van die deelnemers het binne die eerste maand teruggeval.
60 persent het binne die eerste twee maande teruggeval.
80 persent het binne die eerste ses maande teruggeval.
20 persent het dit meer as ses maande gemaak sonder enige nasorg.
Vier van die 30 deelnemers het na ‘n enkele behandeling binne die bestek van ‘n jaar nie teruggeval nie.

In ‘n 2014-studie in Brasilië is gevind dat die behandeling met Ibogaine effektief is om verslawing te hanteer, as dit saam met psigoterapie gebruik word. Die studie was klein, met slegs 75 deelnemers.

Die behandeling met Ibogaine word nog deur studies ontleed, maar hou groot hoop in vir dwelmverslaafdes en hulle families.

Lees ook: Man sterf na Covid-19-inenting

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: