April 20, 2021

Surrogaatma word swanger met eie baba terwyl sy paartjie se baba dra

’n Maand na die babas se geboorte het die biologiese ma haar gekontak en dieselfde vrese met haar gedeel.

Surrogaatma word swanger met eie baba terwyl sy paartjie se baba dra

Surrogaatma word swanger met eie baba terwyl sy paartjie se baba dra Foto: UNC health

SAN DIEGO. – ’n Ma van twee seuntjies het besluit om die groot stap te neem om ’n surrogaatma te word vir ’n Asiatiese paartjie wat nie self kon kinders kry nie. Toe twee babas ses weke later op die sonar verskyn, het sy niks snaaks vermoed nie.

LEES OOK: Tiener in Noord-Wes vermis

Nie babas na geboorte gesien nie

Die ma het na die geboorte van die tweeling, wat deur middel van ‘n keiser gebore is, nie een van die babas gesien nie. Toe sy later ’n foto van die paartjie met hulle babas sien, het sy besef iets is nie reg nie. “Die een babatjie het duidelik anders gelyk en sy gelaatskleur was ook baie anders as die ouers of die ander baba s’n,” het sy aan Daily Mail gesê.

Biologiese ma deel vrese

’n Maand na die babas se geboorte het die biologiese ma haar gekontak en dieselfde vrese met haar gedeel. Dit is toe wat daar besluit is om DNS-toetse op die baba te laat doen.

DNS-toetse wys die waarheid

Die uitslae het aan die lig gebring dat die babaseuntjie die surrogaatma en haar man se biologiese seun is. Hy moes tydens die vrugbaarheidsbehandelings vir die surrogaatskap verwek gewees het.

Die surrogaatma sê sy het geen idee hoe dit moontlik is nie, aangesien sy en haar man beskerming gebruik het.

Na ’n lang regstryd kan sy nou haar eie baba grootmaak.

LEES OOK: Minderjarige ’n verdagte in Kimberley-man se moord

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: