‘n Man in Switserland, wat een van die eerste mense in dié land was om die Covid-19-entstof te ontvang, is dood.
“Ons is bewus van die geval,” het ‘n woordvoerder Woensdag gesê. Daar is nog nie inligting oor sy dood bekendgemaak nie en dis ook nog onseker of sy dood aan die entstof verbind is.
Die eerste inentings is verlede week deur Pfizer gedoen en meestal bejaardes het die inentings ontvang.
Bron: Reuters



