POFADDER. – Suretha Brits (30) wat in hegtenis geneem is op aanklag van moord, is vandag in die Pofadder-landdroshof borgtog geweier.
Die moordsaak is ook tot 5 Julie uitgestel. Daar word beweer Suretha het haar man, Leon Brits (41), vermoor.
LEES OOK: Moordverdagte – Suretha Brits bly in aanhouding na hofverskyning
Leon se liggaam is op 7 Oktober 2020 in sy swembad gevind. Die ondersoek duur steeds voort.
Daar word beweer die hoteleienaar se vrou het glo R400 000 en ‘n diamantring belowe aan mense om haar man te laat vermoor.
LEES OOK: Leon Brits se vrou betaal glo R400 000 en diamantring om man te vermoor
Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.



