Het jy al van GnT gehoor? Die duo Eugene Prinsloo en Thys Beukes gesels vandag met FiND iT oor hulle band, waar dit als begin het en ook oor hulle liedjie wat tans nommer 1 in Lekker FM se top 40 is.
LEES OOK: Blommelegging: Pienk vir Yolandi
Watter liedjie is nommer 1 in Lekker FM se top 40?
“Hard Hard Kuier ft Shaun Tait, hy was ook nr. 2 op SFM en ook in verskeie posisies op verskeie radiostasies. Baie lekker kuierliedjie, lig op die oor en gaan alles oor ’n goeie tyd!”
Het julle ingeskryf of het mense julle genomineer?
“Ons het met die launch van die song in Nov. 2020 vir die top 40 ingeskryf en die song is so goed ontvang deur die publiek dat dit in die top 40 geëindig het.”
Hoe voel dit om nommer 1 te wees?
“Dis ’n baie cool gevoel en gee mens ‘n sin van prestasie en trots. Dit beteken mense hou van wat ons doen.”
Vertel ons bietjie meer oor die nuwe liedjie. Wanneer word dit vrygestel?
“Die nuwe song Stoute Boudjies is eintlik al ’n song wat n rukkie kom uit Gino se solo dae, geskryf deur Hannah Prinsloo en was reeds daardie tyd ’n treffer. Ons revamp hierdie song tans om die GnT-gevoel aan te neem en daar gaan ’n dans gepaard daarmee vir al die manne om na te loer! Ons sien baie uit en glo dit gaan ’n wenner wees, dit kom einde Junie/begin Julie uit!”
LEES OOK: Vermeulen-hofsaak gaan Dinsdag voort
Wanneer het julle die band begin?
“GnT is gebore in 2016 met ’n show wat ons as aparte kunstenaars gedoen het. Gino & Thys = GnT. Ons het toe agtergekom ons stemme, maar ook ons persoonlikhede, pas by mekaar. Die res is geskiedenis.”
Thys Beukes
Thys (48), ’n eiendomswaardeerder vir sy eie besigheid, MRB Property Valuation en Amafa Asset Solutions, is oorspronklik van Kimberley. Hy is al 21 jaar lank getroud en het een dogter. Hy het ook by Hoërskool Adamantia skoolgegaan.
Watter een van die band se liedjies is jou gunsteling?
“Laaste Kans en Staan Op.”
Thys sing en is op perkussie.
Eugene Prinsloo
Gino (29), ’n voltydse sanger, musikant en studiovervaardiger, is ook oorspronklik van Kimberley. Hy is nou twee jaar getroud en het geen kinders nie. Hy het by Hoërskool Noord-Kaap skoolgegaan.
Watter een van die band se liedjies is jou gunsteling?
“Laaste Kans, Hard Hard Kuier, Dis ’n Manneding.”
Gino sing en speel kitaar en bass.
Jy kan hulle nou hier op Facebook gaan volg.




