Douglas. – Die seun (16) wat in verband met die dood van Keith Vermeulen (40) in hegtenis geneem is, sal Dinsdag 18 Mei 2021 weer in die landdroshof op Douglas verskyn.
Vermeulen se liggaam is Sondag 28 Maart 2021 deur ’n skaapwagter in ’n veld opgespoor. Hy het ’n skietwond aan sy kop opgedoen.
Die seun, wat glo bekend aan Vermeulen was, is op Dinsdag 30 Maart 2021 in hegtenis geneem en is op 1 April 2021 op borgtog van R500 vrygelaat.
Die saak sal die week voortgaan.
Lees die vorige berig hier.



