KIMBERLEY. – Keith Vermeulen (40), wie se liggaam Sondag 28 Maart 2021 in ’n veld in die Schmidtsdrift-omgewing gevind is, se dood was glo ’n jagongeluk.
LEES OOK: Een in elk drie in mishandelende verhouding
Kommentaar op Facebook
Volgens gesprekke wat in die kommentaarblok van ’n openbare bladsy op Facebook geplaas is, het Vermeulen en die minderjarige seun gaan jag toe die geweer per ongeluk afgaan en Vermeulen in die kop getref is.
Seun glo geskrik
Tiaan Jansen van Rensburg het op Pretoria FM se artikel op Facebook oor Vermeulen se “moord” gesê die minderjarige kind het groot geskrik, nie geweet hoe om die situasie te hanteer nie en vat die ongeluk baie swaar. “Hulle het gaan jag en toe die seun die geweer gelaai het, het die geweer afgegaan en per ongeluk die man in die kop getref. Verkeerde tyd, verkeerde plek.”
Saak word nog ondersoek
Die polisie ondersoek nog die saak en kan nie tans kommentaar lewer nie.
Kapt. Sergio Kock, polisiewoordvoerder, sê ’n verbyganger het Vermeulen se liggaam opgespoor toe hy na sy skape omgesien het. Die oorledene het glo ’n skietwond aan sy kop gehad.
Die seun is op Dinsdag 30 Maart 2021 in hegtenis geneem en is op 1 April 2021 op borgtog van R500 vrygelaat. Die saak sal 18 Mei 2021 weer in die landdroshof op Douglas voortgaan.
LEES OOK: Is jy ’n iPhone-gebruiker? iPhone wenk van die dag



