KIMBERLEY.- ‘n Operasie deur die SAPD op 7 April het daartoe gelei dat polisiedienste R1 miljoen se beweerde onwettige en vevalste goedere gevind het.
Volgens ‘n verklaring was die SAPD se provinsiale georganiseerde misdaadondersoekers, die reeks- en elektroniese misdaadondersoekeenhede, die K9-eenheid, die misdaadintelligensie-eenheid, die Kimberley SAPD-aangewese vuurwapenbeampte (DFO) en die Suid-Afrikaanse drankraadvereniging (SALBA) almal by die operasie betrokke.
Die span het op verskeie drank- en kleinhandelwinkels toegeslaan en op ‘n groot hoeveelheid beweerde vervalste en onwettige goedere beslag gelê. Daar is beslag gelê op drank, klere en kruideniersware en boetes van R25 000 is aan winkeleienaars uitgereik.
Brig. Dick de Waal, die hoof van provinsiale speurders vir georganiseerde misdaad, het die span geprys vir ‘n goeie werk.

Lees ook: Maria (101) kry werk by wynmaatskappy om haar eie lekkernye te koop



