Maria (101) kry werk by wynmaatskappy om haar eie lekkernye te koop

Maria Cardoso (101) het haar CV na 'n besigheid gestuur op soek na werk. Sy wou graag 'n werk kry sodat sy vir haarself lekkernye kon koop.

Maria Cardoso (101) het haar CV na 'n besigheid gestuur op soek na werk. Sy wou graag 'n werk kry sodat sy vir haarself lekkernye kon koop.. (Foto: @Mariacardoso1919oficial)

BRASILIË. – Maria Cardoso (101) het haar CV na ‘n besigheid gestuur op soek na werk. Sy wou graag ‘n werk kry sodat sy vir haarself lekkernye kon koop sonder om haar dogter vir geld te moet vra. Sy het onlangs as ‘n sosiale media beïnvloeder vir ‘n wynmaatskappy begin werk.

Volgens News24 is dit Cardoso se werk om die wyn te proe terwyl sy afgeneem word. ‘n Familielid neem haar af en stuur die video aan die maatskappy. Die maatskappy plaas dan die video op sosiale media.

Pamela Gomes, Maria se kleindogter, sê hulle was baie gelukkig om die ooreenkoms met die maatskappy te kry. Sy sê haar ouma is nou baie gelukkig. Cardoso is aan die begin van Maart aan die platform se volgelinge voorgestel. Die maatskappy beskryf haar as iemand met baie ervaring van elke dag wyn drink.

Maria was haar lewe lank ‘n plaaswerker

Maria is in 1919 gebore en het op die ouderdom van nege op ‘n plantasie begin werk. Sy het egter nie skool klaargemaak nie.

Maria se familie het haar CV verlede maand by ‘n werwingsagentskap ingegee. Hulle het nie verwag dat sy ‘n werk sal kry nie. Die familie het dit as ‘n grap gedoen en omdat Maria daarop aangedring het.

Diogo Cortez, die handelsmerkskepper, sê die werk sal altyd van die huis af gedoen kan word en vir solank as wat Maria gelukkig is.

Lees ook: Man verloor R17.5 miljoen se Lotto-kaartjie, vind dit toe weer

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *