Minister en sy bruid verskil 50 jaar
Die mense is glo gewaarsku om nie die identiteit van die bruid bekend te maak nie.

Minister en sy bruid het 50 jaar ouderdomsgaping Foto: Daily Nigerian
NIGERIË. – Die Nigeriese Sabo Nanono (74), minister van landbou en landelike ontwikkeling, het die knoop met sy 18-jarige vrou deurgehak tydens ‘n “geheimsinge” troue.
Daily Nigerian berig slegs drie mense het Saterdag die intieme troue in Jere, Kaduna, bygewoon. Mense is glo gewaarsku om nie die identiteit van die bruid bekend te maak nie.
Die familie was na bewering in die begin nie ten gunste van die troue nie, maar die 50 jaar verskil pla nie die minister nie.
BRON – Daily Nigerian
LEES OOK: Rachel Kolisi sê sy het selfdood probeer toe sy 15 was
LEES OOK: KYK: Vrou knip naels vir eerste keer in 28 jaar
Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.