April 20, 2021

KYK: Vrou knip naels vir eerste keer in 28 jaar

Williams sê meeste van haar aanhangers het positiewe en ondersteunde kommentaar gehad oor haar besluit.

KYK: Vrou sny naels vir eerste keer in 28 jaar

KYK: Vrou sny naels vir eerste keer in 28 jaar Foto: Guiness World Record

AMERIKA. – Ayanna Williams wat die Guinness-wêreldrekord as die vrou met die langste vingernaels ter wêreld hou, het na 28 jaar besluit om haar naels te knip.

Vrou knip langste naels in wêreld

Guiness World Records berig die bekende Williams het haar eie rekord vir die langste vingernaels (vroulik) met ‘n nuwe lengte van 733,55 cm (24 voet 0,7 inch) gebreek. Sy het baar naels laas laat in 1990 geknip. Dr. Allison Readinger van Trinity Vista Dermatology in Fort Worth, Texas, het dié keer ‘n elektriese toestel gebruik om haar rekordlengte naels te sny.

Foto: Guiness World Records webtuiste

Williams was nog altyd lief vir lang naels, maar is eers in 2017 met dié groot titel bekroon.

Williams sê meeste van haar aanhangers het positiewe en ondersteunde kommentaar gehad oor haar besluit. Haar naels sal nou bewaar en uitgestal word by die Ripley’s Believe It or Not! Museum in Orlando, Florida.

LEES OOK: Michayla (18) steeds vermis na nege dae

LEES OOK: KYK: Len Muller maak op video bekend oor geslag van baba

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: