April 18, 2021

Rachel Kolisi sê sy het selfdood probeer toe sy 15 was

Sy het in haar sestiende jaar selfdood probeer pleeg.

Rachel Kolisi sê sy het selfdood probeer op 15

Rachel Kolisi sê sy het selfdood probeer op 15 Foto: Instagram

SUID-AFRIKA. – “Ek was ‘n kwaai en ‘n depressiewe tiener. Ek was hartseer, ellendig en het probeer om myself te vind,” het Rachel Kolisi tydens ‘n podsending met Mpoomy Ledwaba, die filantroop, gesê.

Kolisi sê verder sy het haar ouers baie uitgedaag. Sy erken sy was verlore en het met tye gerebelleer. Sy praat dan oor haar ouers en sê die streng manier hoe hulle haar grootgemaak het en hulle egskeiding het ‘n bydrae tot haar geestesgesondheid gehad.

Inskrywing in Rachel Kolisi se Instagram.

Dan raak sy ernstig en praat oor haar selfdoodpoging. Kolisi vertel toe sy 15 jaar oud was, het sy haarself gesny. In dieselfde jaar het sy selfdood probeer pleeg.

“Selfs tydens hierdie tyd wat ek gevoel het niks maak saak nie, het God die grootste en ongelooflikste planne vir my gehad.”

Sy eindig die gesprek oor haar tyd as alleenma wanneer haar man, Siya Kolisi, rugby speel.

LEES OOK: KYK: Vrou knip naels vir eerste keer in 28 jaar

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: