Hier is ’n maklike resep om Oreo-fudge te maak. Dit benodig net drie bestanddele en dit is vrek lekker!
LEES OOK: Man neem glo foto van vrou se boude in gym
Bestanddele:
- 1 blikkie kondensmelk
- 510 g wit sjokolade
- 20 Oreo-koekies
Metode:
- Smelt sjokolade en kondensmelk saam oor lae hitte totdat dit goed gemeng is.
- Vou gebreekte Oreo-koekies by die mengsel in.
- Skep dit in ’n gevoerde bakplaat en versprei eweredig.
- Druk ‘n paar gebreekte Oreo-koekies bo-op en laat dit in die yskas afkoel tot gestol.
- Sny dit in blokkies en geniet.
LEES OOK: Mev. Wêreld pluk kroon van Mev. Sri Lanka se kop af



