Mev. Wêreld pluk kroon van Mev. Sri Lanka se kop af
Dit is toe wat sy die kroon voor die gehoor van De Silva se kop afruk en aan die eerste prinses oorhandig

Mev. Wêreld in hegtenis na kroongryp-voorval Foto: Independent
Die wenner van die Mev. Sri Lanka-skoonheidskompetisie het in die hospitaal met ‘n kopbesering beland nadat haar kroon tydens die seremonie van haar kop afgepluk is.
Die lelike toneel het ontvou oomblikke nadat die skoonheidskoningin, Pushpika De Silva, Sondagaand die Mev. Sri Lanka-titel in die Colombo-teater verower het en sy kortstondig deur die premier, Mahinda Rajapaksa, se vrou, Shiranthi Rajapaksa, gekroon is.
Glo geskei
Mev. Wêreld, Caroline Jurie, wat tydens die seremonie teenwoordig was, het skielik op die verhoog verskyn en aangekondig dat De Silva gediskwalifiseer is en nie die titel kan kry nie omdat sy geskei is.
Dit is toe wat sy die kroon voor die gehoor van De Silva se kop afruk en aan die eerste prinses oorhandig.
Kopbeserings
De Silva het direk nadat haar kroon verwyder is, van die verhoog af geloop. Sy is later in die hospitaal opgeneem met kopbeserings.
Kroon teruggegee
Volgend Independent het die skandaal geëindig met die organiseerders van die geleentheid wat die wenner om verskoning gevra het en haar titel teruggegee het.
Alhoewel De Silva nie saam met haar man bly nie, is sy nie geskei nie. Nadat die organiseerders dit bevestig het, het hulle die kroon teruggegee en om verskoning gevra vir Jurie se skandalige gedrag.
Kyk die video hier: