April 20, 2021

Man neem glo foto van vrou se boude in gym

Sy was uiters geskok en het gevoel haar privaatheid is geskend.

Man neem glo foto van vrou se boude in gym

Man neem glo foto van vrou se boude in gym Foto: Skermgreep van video

Vroue word deur die eeue al seksueel geteister en deesdae word die gym nie uitgesluit nie. ’n TikTok-gebruiker, @juliaapic, het onlangs ’n video geplaas wat sy geneem het tydens ’n oefensessie by haar plaaslike gym. In die video kan ’n man gesien word wat glo ’n foto van haar boude neem.

LEES OOK: Kimberley-man steeds vermis

Privaatheid geskend

Die vrou was uiters geskok en het gevoel haar privaatheid is geskend. Sy het die man konfronteer en hy het ontken dat hy ’n foto van haar geneem het. Sy het besluit om die video te plaas en ander mense se mening te vra.

Die video het vroue oor die wêreld boos gehad. Baie het uitlatings gemaak en gesê dit is hoekom hulle glad nie na ’n gym toe gaan nie of eerder verkies om by ’n vrouegimnasium aan te sluit.

Vroue vertel hulle stories

Die video het ander vroue inspireer om hulle stories van seksuele teistering te vertel. ’n Ander TikTok-gebruiker, @simply.imperfect, het haar storie gedeel en gesê sy het al twee maal dieselfde man gevang video’s van haar in die gym neem. Sy het later opgehou om die gym te besoek.

LEES OOK: Mev. Wêreld pluk kroon van Mev. Sri Lanka se kop af

Selfs mans het hulle afsku oor die video uitgespreek. TikTok-gebruiker @epthelation het gesê die video maak hom baie kwaad en as iemand dit sien en doen nie iets daaromtrent nie, is hulle deel van die probleem.

Kyk hier na die oorspronklike video, sowel as mense se reaksies daarop:

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: