KIMBERLEY. – Fani John Willemse (33), wat Saterdag in die oggendure vermis geraak het, is steeds nie opgespoor nie.
Sy ma sê sy bid elke sekonde dat haar oudste en enigste seun veilig moet terugkom huis toe. Die familie het nog geen verdere inligting ontvang nie en niemand het Fani sedert Saterdagoggend omstreek 01:00 gesien nie.
LEES OOK: Kleurvolle, helder en lewendige kuns vir die siel
Fani is ’n werknemer by Road Lodge, Flamingo Casino en het nog sy werksklere aangehad toe hy vermis geraak het. Hy het Vrydagmiddag laas met sy ma op die foon gepraat terwyl hy nog by die werk was.
Indien jy weet waar hy hom bevind, skakel asseblief sy ouers by 061 3932744 of 074 553 1156.
LEES OOK: Windhoek-bier mag weer Gerhard Butler advertensie gebruik



