Windhoek-bier mag weer Gerhard Butler advertensie gebruik

Die ARB wou vroeër vanjaar die advertensie verwyde hê omdat dit glo giftige geslagstereotipering van ‘regte manne drink bier’ uitbeeld.

Windhoek mag weer Gerhard Butler advertensie gebruik

Windhoek mag weer Gerhard Butler advertensie gebruik

Windhoek-bier was Januarie vanjaar in die sop nadat hulle ’n advertensie met die bekende akteur, Gerhard Butler, geplaas het. Die Suid-Afrikaanse Reklame-reguleringsraad (ARB) het nou beslis dat die advertensie weer gebruik mag word en nie as seksisties beskou kan word nie.

LEES OOK: Vrou skiet op Burger King-personeel omdat sy glo te lank wag

Wou advertensie verwyder hê

Die ARB wou vroeër vanjaar die advertensie verwyder hê omdat dit glo giftige geslagstereotipering van “regte manne drink bier” uitbeeld.

Aadila Agjee, wat die klag teen Heineken Suid-Afrika ingedien het, het gesê die advertensie is aanstootlik omdat dit ’n man verkleineer wat vir ’n skyfie lemmetjie saam met sy bier vra.

Agjee het in die klagte gesê geslagstereotipering of negatiewe uitbeelding van geslagte hoort nie in advertensies nie. “Ek verstaan ​​die boodskap dat Windhoek-bier op sigself volledig is, maar om mense skaam te laat voel of te verkleineer vir hul persoonlike voorkeure, is nie reg nie.”

LEES OOK: Gastehuiseienaar in hegtenis in verband met paartjie se dood

ARB besluit

“Ons het na die advertensie gekyk,” het die ARB se appèlkomitee in ’n besluit wat Dinsdag gepubliseer is, gesê. “Boodskappe is in die advertensie gelees wat nie bevestig word deur die aanbieding van die advertensie nie en ook nie as feit in die advertensie oorgedra of uitgebeeld word nie.”

Advertensie mag weer op televisie verskyn

Daar is geen verbode geslagstereotipes opgemerk nie, en die appèlkomitee het die oorspronklike verbod tersyde gestel. Die advertensie mag dus weer op televisie verskyn.

Kyk die advertensie hier:

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *