April 18, 2021

Kaylyn sterf na haar stryd met aggressiewe breinkanker

Kaylyn se ouers is nog nie gereed om te praat oor dit wat gebeur het nie.

Kaylyn sterf na haar stryd met aggressiewe breinkanker

Kaylyn sterf na haar stryd met aggressiewe breinkanker Foto: Verskaf

BLOEMFONTEIN. – Kaylyn Grobbelaar wat op die ouderdom van 16 jaar in November 2020 met ‘n aggresiewe breinkanker gediagnoseer is, het gisteroggend om 08:26 haar stryd verloor.

“Dit het alles goed gegaan na ‘n operasie wat sy moes ondergaan. Daarna het sy ‘n infeksie opgetel en toe was sy vir ‘n tydjie in ‘n koma. Sy is toe vanoggend oorlede,” sê Arinda van Wyk, Kaylyn se stiefsussie.

Kaylyn se ouers baie hartseer

Haar se ouers is nog nie gereed om te praat oor dit wat gebeur het nie.

FiNdiT het vroeër berig die 16-jarige het op ‘n Saterdag in November ‘n aanval gekry en daarna al hoe swakker geword. Die Maandag het hulle deurgery Bloemfontein toe om Kaylyn daar na ’n hospitaal te neem. Universitas-hospitaal het dadelik met toetse begin. Dis toe sy met breinkanker gediagnoseer is.

LEES OOK: ‘Kaylyn het voor ons weggekwyn,’ sê ouers van tiener met breinkanker

Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: