April 18, 2021

Kby-sportmeneer bly in aanhouding

Die 37-jarige man het vandag vir die tweede keer in die landdroshof in Kimberley verskyn. Hy is op 26 Maart in hegtenis geneem.

Kby-sportmeneer bly in aanhouding (Foto:Unsplash)

Kby-sportmeneer bly in aanhouding (Foto:Unsplash)

KIMBERLEY. – Die voormalige sportmeneer van ‘n bekende laerskool in Kimberley wat daarvan aangekla word dat hy ‘n 13-jarige meisie verkrag het, sal in aanhouding bly.

Die 37-jarige man het vandag vir die tweede keer in die landdroshof in Kimberley verskyn. Hy is op 26 Maart in hegtenis geneem.

Lees ook: Gedenkdiens dié Vrydag vir Simoné

Kapt. Tessa Jansen, polisiewoordvoerder in Kimberley, sê die man word daarvan aangekla dat hy die meisie verkrag het terwyl hy met haar ma uitgegaan het. Dit het glo in Oktober 2020 gebeur.

Die saak is uitgestel tot 29 April 2021 vir verdere ondersoek. Volgens David Jansen van Vuuren, die man se prokureur, is verslae van ‘n maatskaplike werker, asook getuienisse se verklarings, uitstaande.

Lees ook: 7 min. sjokoladekoek in mikrogolfoond

Die man by in aanhouding.

Hou FiND iT dop om op hoogte te bly.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: