Hier is ‘n maklike en vinnige resep vir ‘n sjokoladekoek wat jy binne sewe minute sommer in die mikrogolf kan bak!
Bestanddele
1 koppie suiker
1 koppie bruismeel
knippie sout
1 koppie warm water
2 eiers
3 eetlepels kakao
4 eetlepels olie
Lees ook: Hartseer verhaal van 16-jarige Simoné se selfdood
Metode
Meng alles saam. Gooi in gesmeerde bak en mikrogolf op volle krag vir sewe minute! Wanneer die tyd om is, los die koek vir 10 minute in die mikrogolf.
Versier met karamel, versiersuiker of enige versiering van jou keuse.
Resep: Sus Minnaar
Lees ook: Vrou vermoor glo kêrel, kap hom op, bêre hom in vrieskas



