April 18, 2021

Ivermektien – dokters mag dit nou voorskryf

Dokters hoef nou nie meer vir artikel 21-goedkeuring aansoek te doen nie.

Dokters mag nou ivermektien voorskryf (Foto: LiG Tydskrif)

Dokters mag nou ivermektien voorskryf (Foto: LiG Tydskrif)

PRETORIA. – Die hooggeregshof in Pretoria het vandag beslis medisyne met die aktiewe bestanddeel ivermektien mag nou deur jou dokter voorgeskryf word. Dokters hoef nou nie meer vir artikel 21-goedkeuring aansoek te doen nie.

Organsisasies soos AfriForum en ACDP het ‘n saak teen die Suid-Afrikaanse Gesondheidsproduktebeheerraad gemaak en gevra dat dokters hulle eie diskresie mag gebruik wanneer hulle ivermektien voorskryf vir die voorkoming of behandeling van Covid-19.

Lees ook: Hartseer verhaal van 16-jarige Simoné se selfdood

Die organisasies het ook gevra of medisyne met ivermektien ook plaaslik deur apteke vervaardig mag word, aangesien dit tans van oorsee ingevoer word.

Die hof het beslis dokters mag ivermektien voorskryf en dis ook verkrygbaar by apteke wat dit vervaardig.

Lees ook: Vrou vermoor glo kêrel, kap hom op, bêre hom in vrieskas

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: