KIMBERLEY. – Fani John Willemse (33), ’n inwoner van die stad en werknemer by Road Lodge, Flamingo Casino, word sedert Saterdag in die oggendure vermis.
LEES OOK: 10 jaar gelede: grusame Welkom-moord
Fani het Vrydagmiddag laas met sy ma op die foon gepraat terwyl hy nog by die werk was. Na werk het sy vrou hom laaste gesien en hy het omstreeks 01:00 van sy huis af geloop. Hy is nie weer gesien nie en sy foon is af.
Fani het nog sy werksuniform aangehad.
Indien jy weet waar hy homself bevind, skakel asseblief sy ouers by 061 3932744 of 074 553 1156.
LEES OOK: Surrogaatma word swanger met eie baba terwyl sy paartjie se baba dra



