April 18, 2021

Bejaarde glo gedreig, moet eers vir vermeende inbreker kos maak

Volgens Gwala is ‘n selfoon, juwele, geld en komberse tydens dié huisbraak glo gesteel.

Bejaarde glo gedreig, moet eers vir vermeende inbreker kos te maak

Bejaarde glo gedreig, moet eers vir vermeende inbreker kos te maak Foto: reddit.com

KWAZULU-NATAL. – ‘n Facebook-inskrywing waarin ‘n vrou beweer ‘n bejaarde vrou, ook haar ouma (88), is met ‘n geweer gedreig om vir’n vermeende rower kos te maak, het opslae op die app gemaak.

Die kleindogter van die ouma sê op Facebook ‘n rower het glo by haar ouma se huis waardevolle goed gesteel.

Bejaarde glo met vuurwapen gedreig

“Hy het alles wat sentimenteel van waarde is, geneem. Hy haal toe die komberse van die beddens af, gooi al die laaie op die vloer uit en draai die basis van die bed onderstebo om daaronder te kyk. Daarna het hy my ouma met ‘n geweer gedreig en gesê sy moet vir hom kos voorberei. Sy is 88 en hulpeloos,” lui die inskrywing.

Sy sê verder hy het daarna glo sy aandete geëet, homself in haar kombers toegedraai en TV in haar stoel gesit en kyk. Hy het na bewering na drie ure geloop.

Kapt. Nqobile Gwala, polisiewoordvoerder, het ‘n huisbraak bevestig. Volgens Gwala is glo ‘n selfoon, juwele, geld en komberse tydens dié huisbraak gesteel.

Inskrwying op Facebook

Skermgreep van Facebook-inskrywing

LEES OOK: Dokters waarsku, vrouens spuit ‘geurblokkies’ in hul boude

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: