Dokters waarsku, vrouens spuit ‘geurblokkies’ in hul boude

Deel hierdie storie / Share this story

HARARE. – Dokters waarsku vrouens teen die nuutste neiging wat weer kop uitsteek waartydens hulle “geurblokkies” in hulle boude laat inspuit om groter boude te hê.

Sommige vroue glo blykbaar dat die sout- en olie-inhoud in dié blokkies deur hul spiere geabsorbeer kan word en tot groter en ronder boude kan lei. Verskeie dokters en navorsers het hulle intussen na Twitter gewend en aangeraai vrouens moenie hierdie prosedure laat doen nie.

Dokters waarsku selfs op Twitter

Dr. Silas Agbesi, ‘n mediese dokter aan die Ho Teaching Hospital (HTH), het vrouens teen hierdie neiging gewaarsku toe hy agterkom van sy pasiente doen dit. Hy waarsku dat dit baie gevaarlik is om die geurmiddelblokkies in in te spuit, aangesien dit tot hipertensie kan lei.

Vir Kongolese vroue is groter boude die ideale liggaamlike voorkoms om te verseker dat ‘n “goeie” man so gelok word en jy respek in die samelewing verkry.

LEES OOK: Suretha Brits vandag weer in hof vir formele borgaansoek

Volg FiNDiT hier vir die nuutste nuus.