MEMPHIS. – ’n Video wys hoe ’n vrou ’n geweer uit haar kar haal en ‘n aantal skote deur ’n Burger King se deurryvenster op personeel afvuur omdat sy glo te lank vir haar bestelling gewag het.
LEES OOK: Gastehuiseienaar in hegtenis in verband met paartjie se dood
Kyk vir kamera
Die beampte wat aan die saak werk, het berig die naamlose vrou het ’n geweer uit haar voertuig gegryp en skote deur die venster geskiet.
In ’n stadium kan op die video gesien word hoe die vrou reguit na die veiligheidskamera staar voordat sy haar wapen ontlaai.
Niemand beseer nie
Alhoewel geen werknemers tydens die skietery beseer is nie, het hulle vir hul lewens gevrees en het hulle deur die restaurant se agterdeur gevlug.
LEES OOK: Kimberley-man sedert Saterdag vermis
Na die voorval het die onbekende vrou weer in haar motor geklim en met ’n man agter die stuur weggejaag.
Die polisie is steeds op soek na die vrou en het ’n $1 000 beloning vir haar inhegtenisneming aangebied.
Kyk die video hier:



