Gastehuiseienaar in hegtenis in verband met paartjie se dood
Hy is op R1 000 borgtog vrygelaat.

Gastehuiseienaar in hegtenis in verband met paartjie se dood Foto: 2oceansvibe
OOS-KAAP. – Kevin Pretorius (47) is Dinsdag 6 April 2021 in verband met die dood van ‘n paartjie wat byna ’n jaar gelede dood in ’n badkamer van ’n gasteplaas op Kareedouw gevind is, in hegtenis geneem.
LEES OOK: Juan Boucher hak die knoop deur
Verskyn in die hof
Hy het Dinsdag in die landdroshof op Humansdorp op twee aanklagte van moord verskyn. Hy is op R1 000 borgtog vrygelaat.
Sers. Majola Nkohli, polisiewoordvoerder, sê die ondersoek het op 26 April 2020 begin nadat Mari Hoon (28) and Jéan Vosloo (25) se liggame in die badkamer van die Kliphuis-gastehuis op die plaas Zuuranys, ongeveer 17 kilometer buite Kareedouw, gevind is.
Vriend het op hulle afgekom
’n Vriend van die paartjie, wat saam met hulle vir die naweek was, het op die paartjie in die stort afgekom. Later het ‘n toksikologiese verslag aan die lig gebring dat die egpaar aan koolstofmonoksiedvergiftiging dood is.
Saak uitgestel
Die saak sal op 24 Mei 2021 in die Humansdorp-streekhof voorgaan.
LEES OOK: Kimberley-man sedert Saterdag vermis