April 19, 2021

Barkley-Wes museum – verlate en gevandaliseer

Die eens op 'n tyd museum van die klein dorpie net duskant Kimberley is nou 'n verlate gebou waar hawelose mense inbreek en hulself tuismaak.

Die eens op 'n tyd museum van die klein dorpie net duskant Kimberley is nou 'n verlate gebou waar hawelose mense inbreek en hulself tuismaak. (Foto: Republic of Klipdrift Facebook-blad0

BARKLEY-WES.- Die eens op ‘n tyd museum van die klein dorpie net duskant Kimberley is nou ‘n verlate gebou waar hawelose mense inbreek en hulleself tuismaak. In ‘n Facebook-plasing deur die McGregor-museum blyk dit dat hulle net ‘n paar oorblywende vertoonkaste en inligtingspanele van die eens trotse Barkley-Wes museum gevind het.

Verder is daar nie veel oor van die museum nie. By die ou tolhekingang moet besoekers versigtig ry weens groot rotse wat in die pad lê. Die Barkley-Wes-museum word elke kort-kort deur ‘n ander vandaal of hawelose bewoon. Die ou brug is steeds ‘n pragstuk ten spyte van die vandalisme wat plaasvind.

Foto: Showme.com

Barkley-Wes se naam het ‘n paar keer verander

Barkley-wes dra by tot die Noord-Kaapse erfenis en was die tuiste van die eerste diamantstormloop in 1870. Die dorp het eers as Klipdrift bekend gestaan. Daarna is dit vernoem na sir Henry Barkley, goewerneur van die Kaapkolonie en hoë kommissaris vir Suider-Afrika van 1870 tot 1877. Die dorp was tydelik Nieu-Boshof genoem tydens die Anglo-boereoorlog toe die boere daar gehuisves is.

Ten minste vyf erfenisgebiede in Barkley-Wes

Die Parish Church of St Mary the Virgin was die eerste Anglikaanse kerk wat op die diamantvelde gebou is. Sir Henry Barkly het in Februarie 1871 die grondsteen gelê.

Die ou ysterbrug is volgens InfoSA, in dele vanaf die Verenigde Koninkryk af vervoer na Barkley-Wes en is in 1885 oor die Vaalrivier aanmekaargesit.

Barkley-wes museum in 2000 begin

Die gebou wat bekendstaan as Barkley-Wes se museum was eens op ‘n tyd ‘n tolhuis om geld in te bring vir diegene wat steeds gebruik gemaak het van die ou brug. Die gebou is in 2000 in ‘n museum verander.

Foto: www.Barkleywest.co.za

Vandag is die museum ‘n hartseer gesig vir diegene wat sy verlede waardeer het.

Lees ook: Beampte praat na aanval teen polisie op sosiale media

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: