April 18, 2021

Moordklagtes teen Joost se broer laat vaar

Die voorval het op 27 Julie verlede jaar plaasgevind.

Moordklagtes teen Joost se broer laat vaar (Foto: Savanna News)

Moordklagtes teen Joost se broer laat vaar (Foto: Savanna News)

CENTURION. – Pieter van der Westhuizen, die oorlede rugbylegende Joost van der Westhuizen se broer, wat verlede jaar twee rowers doodgeskiet het, sal nie vir moord vervolg word nie.

“Dit is bevestig deur die polisieondersoek dat ons kliënt uit selfverdediging opgetree het toe hy die rowers doodgeskiet het en dat sy aksies voorkom het dat enige van die onskuldige kerkgangers deur die rowers seer- of doodgemaak word,” het sy prokureur gesê.

Lees ook: Gedenkdiens dié Vrydag vir Simoné

Die voorval het op 27 Julie verlede jaar plaasgevind.

Een van die gewapende rowers het ‘n geweer teen die pastoor se kop gehou en skote is afgevuur toe Pieter, ‘n voormalige polisiebeampte, sy geweer gegryp het. Een van die rowers het gevlug.

Kobus Erasmus, die pastoor in wie se kerk die voorval plaasgevind en wat ‘n geweer teen sy kop gehad het, sê “God is goed”.

Die polisie finaliseer die saak. – Rekord

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: