MODDERRIVIER. – Die polisie van hier is op soek na Elroy Zamile Stephens wat moontlik kan help met inligting om ‘n moordsaak op te los.
“Die moord het op 26 Junie 2020 op die hoek van Madebestraat in Modderrivier plaasgevind. Die oorledene is met ‘n mes gesteek en is op die toneel dood,” sê lt.kol. Dimakatso Mooi, polisiewoordvoerder.
Enigiemand wat inligting oor die voorval het of oor waar Stephen hom bevind, word versoek om die ondersoekbeampte, konst. Morgan van Modderrivier-speurders, by 053 581 7356 te kontak. Alle inligting wat ontvang word, sal as vertroulik beskou word.
LEES OOK: Kaylyn sterf na haar stryd met aggressiewe breinkanker
Volg FiND iT hier vir die nuutste nuus.



