Gedenkdiens dié Vrydag vir Simoné

Deel hierdie storie / Share this story

KIMBERLEY. – ‘n Gedenkdiens vind Vrydag 9 April plaas vir die 16-jarige Simoné le Roux wie se liggaam Sondag gevind is.

Simoné, wat ‘n leerling aan Hoërskool Adamantia in Kimberley was, het Maandag 28 Maart vermis geraak. Haar familie en die polisie was vir ‘n week na haar op soek voordat haar liggaam Sondag ontdek is.

Sy het haarself in ‘n pakkamer op die erf opgehang.

Lees die vorige berig hier.

Haar gedenkdiens sal eerskomende Vrydag om 11:00 vanuit die NG Kerk Beaconsfield plaasvind. FiND iT sal die diens regstreeks uitsaai.

Lees ook: Familie van vier sterf in tromp-op botsing